Visumvereistes vir Suid-Afrikaanse burgers

'n Suid-Afrikaanse Paspoort

Visumvereistes vir Suid-Afrikaanse burgers is 'n administratiewe reisbeperking wat deur die owerhede van ander lande op die burgers van Suid-Afrika geplaas word. In 2014 het Suid-Afrikaanse burgers visum-vrye toegang, of visum met aankoms tot 97 lande en gebiede gehad. Dit plaas die Suid-Afrikaanse paspoort, in terme van toeganklikheid tot ander lande, 41ste in die wêreld.[1]

Waar visum-vrye toegang wel beskikbaar is, is dit nie noodwendig 'n reg waarop iemand kan aandring nie, maar word op die diskresie van die grensbeamptes toegeken. Indien besoekers in nie-toerisme aktiwiteite, soos onbetaalde werk betrokke raak, kan 'n visum of werkpermit vereis word.

  1. "Global Ranking - Visa Restriction Index 2014". Henley & Partners. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 September 2014. Besoek op 31 Julie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search